Rekord van betrokkenheid

Hiermee 'n opsomming van my betrokkenheid by die Universiteit van Stellenbosch, met die oog daarop om seker te maak dat dit nie sy Afrikaanse nismark uit die oog verloor nie en 'n vaste plek vir Afrikaanse onderrig bied.

2005
  • Petisie 
Onderneem saam met drie ander studente 'n petisie teen die uitbreiding van die T-opsie. 3500 studente (Afrikaanse, Engelse en anderstalig) het dit binne agt dae geteken. Dis meer studente as wat by tye al aan die SR-verkiesing deelgeneem het. [Petisie.]
  • Protesvergadering
Sowat 300 studente neem deel aan vergadering waar T-opsie afgewys word - rektor Chris Brink teenwoordig.
2006
  • Verslag oor afwykings onder T-opsie
Versamel prima facie getuienis uit sowat 80 modules om aan te toon dat daar redelike vermoede bestaan dat die T-opsie lei tot die verdringing van Afrikaans. Verslag ingedien by US-taalkomitee (en geïgnoreer). [Verkorte verslag.]
  • LitNet-taaltoer
Skryf reisverhaal oor tien dae op die spoor van Afrikaans, van Kaap tot Soweto. [Meer.]
  • Beraad, deelnemer
"'n Volhoubare plek vir Afrikaans in die tersiêre sektor." [Meer.]
  • Studenteraadslid
Word met groot steun verkies tot lid van die US-Studenteraad nadat ek uitdruklik standpunt ten gunste van hoofsaaklik Afrikaanse voorgraadse onderrig by die US ingeneem het.
2007
  • Adam Tas Studentevereniging
Stig die Adam Tas Studentevereniging vir die behoud van Afrikaans by die Universiteit van Stellenbosch, saam met Roelof Nel en ander studente.
  • Mosie ingedien by Studenteraad
Die mosie vra vir behoorlike kennisgewings oor taal aan voornemende studente en lui onder meer dat dit "vir billikheid noodsaaklik [is] dat studente vooraf verstaan dat die meeste lesings in die praktyk grotendeels of heeltemal in Afrikaans gaan wees.[Mosie en persverklaring.]
  • US-Taalkomitee
Neem waar op die US-taalkomitee, neem minderheidsposisie in teen afwykings van US-taalbeleid.
  • Studenteraad-sekretaris
Word herkies tot lid van die US-studenteraad met dieselfde pro-Afrikaanse standpunt as voorheen.
  • Rapport-artikel
"Uit die mond van 'n student". [Artikel.]
  • Kommentaar op US se voorgestelde nuwe taalbeleid
Kommentaar ingedien by Vise-rektor: Onderrig insake US se voorgestelde nuwe taalbeleid. Die voorgestelde beleid is uiteindelik verwerp. [Kommentaar.]
2008
  • Mosie ingedien by Studenteraad
Die mosie vra vir 'n behoorlike evaluering van die T-opsie en vra dat die US, wanneer hy uitreik na nie-tradisionele voedingsgemeenskappe, sodanige aksie bou "rondom die besondere nis, voordele, dinamika en onderrigkwaliteit wat Afrikaans as primêre onderrigmedium Stellenbosch verleen." [Mosie soos aanvaar.]
2009
  • Studie van US-raadstukke 2001 tot 2009
Onderneem vir 'n US-raadslid omvattende navorsing na US-raadsnotules en ander dokumente tussen 2001 en 2009. Let veral op taalbeleid, regstellende aksie en studentegetal-groeibeleide.
2010
  • Vredenheim-beraad
Help organiseer die Vredenheim-beraad oor die Toekoms van Afrikaans op Universiteitsvlak, bygewoon deur voorste Afrikaanse kultuur-, ontwikkelings- en burgerregteorganisasies. [Verslag van vergadering.]
  • Studie oor Afrikaans op Universiteitsvlak
Tree op as samesteller van 'n studie oor Afrikaans op universiteitsvlak in Suid-Afrika en skryf die hoofstuk oor die Universiteit van Stellenbosch. Ander deelnemers sluit in proff. Lawrie Schlemmer, Fernand de Varennes, Marlene Verhoef, Marinus Wiechers, Theo du Plessis, Vic Webb en Flip Smit. [Gepubliseerde studie.]
2011
  • Honderdjaar-herdenking van 1911-studentevergadering vir Afrikaans
Behulpsaam met die organisering vir 'n herdenking van die oorspronklike studentevergadering in 1911, toe Maties daarop aangedring het dat hulle eksamens in Afrikaans mag aflê. [Rubriek in Die Burger.]
  • Mosie by US-konvokasievergadering
Help met formulering van en sekondeer 'n mosie ingedien by die US-konvokasievergadering wat vra vir 'n volwaardige plek vir Afrikaanse onderrig aan die US. Voorstellers was Jacques du Preez en Ernst Marais. [Berig.]
2012