Persoonlike inligting

My huidige betrokkenhede sluit in:
  • Senior navorser: Ekonomie (Solidariteit)
  • Redakteur: Die Groot Debat (by Maroela Media)
  • FAK-direksielid
  • Universiteit van Stellenbosch-raadslid
  • Medewerker van die Mises Instituut van Suider-Afrika
Tussen 2003 en 2008 was ek 'n student aan die Universiteit van Stellenbosch, waar ek 'n B.Comm. Honneurs in Ekonomie verwerf het. Gedurende diƩ tyd was ek betrokke in die georganiseerde studentelewe, onder meer as sekretaris en later voorsitter van die Berg- en Toerklub (BTK).

Sedert 2005 het ek my aktief beywer vir die behoud van Afrikaanse studente as die US se nismark, Afrikaans as onderrigtaal en 'n Afrikaanse karakter op Matieland. Ek was betrokke by onder meer 'n petisie teen die T-opsie, 'n verslag oor afwykings weg van Afrikaans onder die T-opsie en verskeie mosies op die Studenteraad as studenteraadslid. Vir meer oor my aktiwiteite in hierdie verband, sien my rekord van betrokkenheid.

Ek is getroud en woon in Pretoria nadat ek van 2003 tot 2011 in Stellenbosch woonagtig was.