Petisie aan die Raad van die US
Vir aandag: die Rektor, prof Chris
Brink
14 Oktober 2005
Doel
van petisie
Om studente- en personeelsteun te toon met betrekking tot
- die bevordering van Afrikaans as basiese onderrig- en institusionele taal aan die US binne ‘n meertalige konteks;
- die bemagtiging van sowel Afrikaans- as nie-Afrikaanssprekendes in Afrikaans vir akademiese –, sosiale – en beroepsdoeleindes.
Verklaring
Die ondertekenaars van hierdie petisie spreek
hul besorgdheid uit oor die groot verwarring rondom die US se taalbeleid en vra
dat teruggekeer word na Afrikaans as basiese onderrigtaal met inagneming van
die volgende:
- dat
die US terugkeer na sy verbintenis tot
die behoud en uitbou van Afrikaans as primêre onderrigtaal. Dit is duidelik gestel in die opsomming van die Taalbeleid en -plan wat
vanjaar aan alle nuwelingstudente tydens registrasie uitgedeel is. Die omskrywing van die T-taalspesifikasie in
die Taalplandokument (p.3) onderskryf hierdie verbintenis: “Die T-taalspesifikasie word
veral aangewend om studente met Engels as huistaal of voorkeurtaal
stelselmatige blootstelling te gee aan Afrikaanse vaktaal sodat hulle op
tweedejaarvlak optimaal ... kan studeer
in modules met ‘n A-taalspesifikasie.”
Die besluit van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte om die T-opsie in 2006 deur te voer tot op derdejaarvlak is opvallend teenstrydig met hierdie doelstelling. Verder word ook nie naastenby al die riglyne vir die motivering van die T-opsie (pp. 4 en 5) gevolg nie.
Ons versoek dringend dat die Fakulteit streng by hierdie doelstelling en riglyne bly. - dat die US meertaligheid bevorder deur tolkdienste in te stel in die US-vergaderings soos benodig, sodat daar oor taalgrense heen effektief gekommunikeer kan word en Afrikaans terselfdertyd haar status behou;
- dat die US van 2006 af hul bestaande maar ontoereikende taalsteundiens dringend uitbrei na alle fakulteite. Dit moet gedoen word deur die insluiting van kredietdraende taal- en kommunikasiemodules in die eerste studiejaar van studente met onvoldoende taalvaardigheid in Afrikaans en/of Engels (soos bepaal deur ‘n Taalvaardigheidstoets). Nie-Afrikaanse studente wat egter geen of baie min Afrikaans praat, moet in meer as net een studiejaar taalsteun ontvang weens hul groot agterstand in akademiese taalvaardigheid.
Besorgde
US-studente en -personeel
[Nota: 3500 Studente en personeel het hierdie petisie binne agt dae onderteken. Dit was kort voor die eindeksamen in 2005 deur drie ander studente en ek van stapel gestuur, met die hulp van nog 'n aantal studente.]
No comments:
Post a Comment