May 13, 2012
Nuwe US-koshuisplasingsbeleid
Die voorgestelde nuwe US-koshuisplasingsbeleid is in die nuus. Een van die voorstelle is dat studente met Afrikaans as huistaal tot 'n minderheid in koshuise beperk word, 'n ander is rassekwotas. Rapport haal my oor die saak aan.
Apr 3, 2012
Video-onderhoude met mediese studente
Die Burger berig vandag oor taalbeleid op die Tygerberg-kampus, en haal my aan.
STELLENBOSCH. – Die omstrede taalverslag oor die Tygerberg-kampus van die Universiteit Stellenbosch (US) was nie bedoel om ’n omvangryke wetenskaplike verhandeling te wees nie.
Dit is eerder ’n verslag oor kwalitatiewe aspekte van die institusionele kultuur binne die fakulteit wat vorentoe aandag gaan verg, het mnr. Mohamed Shaikh, US-woordvoerder, gister gesê.
Die opsteller, me. Dianna Yach, beveel aan dat Engels die onderrig- en voertaal van die betrokke fakulteit moet wees.
Lees die volledige berig hier en sien die video van Die Burger se onderhoude met studente hier.
STELLENBOSCH. – Die omstrede taalverslag oor die Tygerberg-kampus van die Universiteit Stellenbosch (US) was nie bedoel om ’n omvangryke wetenskaplike verhandeling te wees nie.
Dit is eerder ’n verslag oor kwalitatiewe aspekte van die institusionele kultuur binne die fakulteit wat vorentoe aandag gaan verg, het mnr. Mohamed Shaikh, US-woordvoerder, gister gesê.
Die opsteller, me. Dianna Yach, beveel aan dat Engels die onderrig- en voertaal van die betrokke fakulteit moet wees.
Lees die volledige berig hier en sien die video van Die Burger se onderhoude met studente hier.
Mar 15, 2012
Uitslae bekend
Baie dankie aan al die oud-Maties wat in die raadsverkiesing gestem het. Dankie vir die vertroue in my gestel, die boodskappe van ondersteuning en hulp met die verkiesing. My blog hier by pietleroux.blogspot.com gaan beskikbaar bly en ek sal probeer om dit met verloop van tyd te gebruik vir terugvoer oor sake met betrekking tot die US.
Mar 14, 2012
2012-verkiesing loop ten einde
Die 2012-verkiesing vir drie raadslede vir die Universiteit van Stellenbosch het op Dinsdag, 13 Maart om 16h00 gesluit. Dankie vir alle belangstelling en bydraes. Die uitslae word na verwagting in die week van 19 Maart bekendgemaak op die US se webblad by www.sun.ac.za.
Mar 12, 2012
Die nasionale bate-sindroom se totalitêre implikasies

Mag die US hoofsaaklik Afrikaans wees? “Nee, dis ʼn nasionale bate.”
Wat moet die US se ideale rassesamestelling wees? “Volgens die nasionale demografie, want dis mos ʼn nasionale bate.”
Lees die res van die artikel by www.vryestudent.com.
Mar 11, 2012
Stembus sluit Dinsdag, 16h00
Op Dinsdag, 13 Maart, om 16h00, sluit die stembus vir die US-raadsverkiesing. Die US-raad bepaal onder meer universiteitsbeleid oor sake soos taal en strategiese fokus. As jy 'n oud-Matie is, oorweeg asseblief om vir my te stem.
En herinner asseblief ander oud-Maties om dieselfde te doen.
Om dadelik te stem, gaan na: http://alumni.sun.ac.za/afrikaans/Pages/Raadsverkiesing.aspx
En herinner asseblief ander oud-Maties om dieselfde te doen.
Om dadelik te stem, gaan na: http://alumni.sun.ac.za/afrikaans/Pages/Raadsverkiesing.aspx
Feb 15, 2012
Brief aan oud-Maties
15 Februarie 2012
Beste Oud-MatieAlle oud-Maties mag stem in die huidige verkiesing van lede van die Stellenbosse universiteitsraad. Ek staan as kandidaat en nooi jou graag om te oorweeg om vir my te stem, voor 13 Maart.
Die US-raad speel 'n bepalende rol in die lewenskrag en karakter van 'n Matieland wat ons na aan die hart lê. Enkele van die vrae wat oud-Maties myns insiens vir hierdie verkiesing behoort te oorweeg is:
- Behou Stellenbosch die Afrikaanse kampuservaring en Afrikaanse voorgraadse onderrig waarvoor soveel Afrikaanse - en juis ook Engelse en ander Maties - oor die laaste eeu na Stellenbosch gekom het?
- Staan die universiteit naby aan die regering en sy toenemend twyfelagtige onderwys-, ras- en ander beleide, of posisioneer dit homself eerder as selfstandige en uitnemende deelnemer in eie reg?
- Is die universiteit 'n massa-onderriginstelling wat aanhoudend meer residensiële studente inneem en al meer verblyfplek oprig, of fokus dit op geskikte tegnologiese innovasie en koester dit 'n lojale nismark met inagneming van die dorpsaard van Matieland?
Nodeloos om te sê is dit my erns om die universiteit in sy geheel só te benader dat dit die invloedryke, eersteklas instelling bly waar my kinders, kinders van my mede-oud-Maties en 'n spektrum van nuwe Maties graag sal wil studeer en ontmoet. Benewens die belangrike beleidsvraagstukke, is ek dan ook bekwaam en ywerig om die omvattende oorsigverpligtinge van 'n raadslid deeglik na te kom.
Lees gerus my blog by pietleroux.blogspot.com vir inligting oor waar om te stem, my kandidatuur en meer besonderhede oor my rekord van betrokkenheid. In die loop van die volgende paar weke sal ek op díe blog uitbrei en reageer op navrae oor my standpunte, so laat weet gerus as jy vrae het.
Indien jy weet van ander oud-Maties wat in hierdie e-pos belang sal stel, is jy welkom om dit aan hulle te stuur.
Vriendelike groete.
Piet le Roux
Honneurs B.Comm. (Ekonomie) (2008)
Subscribe to:
Posts (Atom)



